
=====================================================================
'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees

Albanees is verbied op alle terreine -- tydskrifte en koerante is verbied

Jaap Steyn   gee agtergrond vir die krisis in Kosovo en maan teen ongevoeligheid vir plofbare kwessies in Suid-Afrika. POLITICI het al 
gewaarsku dat Suid-Afrika 'n Kosovo-situasie moet vermy. Is di waarskuwing ter sake? Waaroor gn die stryd tussen die Serwirs en 
Albanese werklik? Om daarop te probeer antwoord, moet 'n mens let op die geskiedenis van die konflik.

Die oorsprong van die stryd kan 'n mens terugvoer tot die Slag van Kosovo Polje of die Slag op die Lysterveld op 28 Junie 1389. Die 
Serwirs onder vors Lasarus het die geveg verloor teen die invallende Ottomaanse Turke. Lasarus het gesneuwel, en die Serwirs beskou sy 
dood as glorieryke opoffering in die stryd teen die Islam.

Omstreeks 1459 het die hele Serwi, Kosovo inkluis, onder Turkse heerskappy gekom. Stadig maar seker het die bevolkingsewewig begin 
verander terwyl die Serwirs, wat eers in die meerderheid was, uitgewyk het.

N 'n mislukte opstand in 1689 het die getalle Serwiese emigrante uit Kosovo toegeneem. Hulle plek is ingeneem deur Albanese, meestal 
Moslems.

Hoewel Albani later onder Turkse heerskappy gekom het as Serwi, het die Albanese in groter getalle as die Serwirs, Grieke en ander 
volkere onder Turkse heerskappy die Islam aanvaar. Die jaar 1878 was vir Serwirs en Albanese belangrik. In daardie jaar het Serwi 'n ten 
volle onafhanklike staat geword, hoewel Kosovo onder Ottomaanse heerskappy gebly het. Verder was 1878 die geboortejaar van die moderne 
Albanese nasionalisme, nie net vir di van die Albanese Kosovare nie, maar ook vir die Albanese van Albani.

Teen 1912 het Serwi en die ander Balkanstate saamgespan en die Turke uit hul oorblywende besittings in Europa verdryf. Vir die Serwiese 
Kosovare was die koms van die Serwiese ler 'n bevryding, maar vir die Albanese, wat toe al die meerderheid was, was dit 'n besetting, wat 
gepaard gegaan het met massamoorde en uitsettings.

In die Eerste Wreldoorlog is die Serwiese owerheid verdryf, en die Albanese het wraak vir 1912 geneem deur vergeldingsaanvalle te doen op 
die Serwiese troepe. Die Serwiese weerwraak het in 1918 gekom toe die nuwe staat Joego-Slawi tot stand gekom het waarvan Serwi deel was.

In 1941 het die grootste deel van Kosovo deel geword van die Groter Albani onder Italiaanse beheer. Die Duitsers en Bulgare het ander dele 
beset. Tienduisende Serwirs, veral di wat n die Eerste Wreldoorlog daar gaan woon het, is uitgedryf.

Die Serwiese versetstryders teen die Nazi's het dit moeilik gevind om Albanese te werf; hulle het eers begin aansluit nadat die Serwirs 
hulle glo die reg beloof het om die gebied n die oorlog met Albani te verenig. Hierdie (beweerde) belofte is aanvanklik nie gehou nie, 
maar in 1974 het Kosovo tog outonomie met byna dieselfde regte as die ses Joego-Slawiese republieke gekry.

Van die Sestigerjare het demografiese prosesse al sterker invloed op die politiek in Kosovo gehad. In 1961 was die bevolking 67 persent 
Albanese Moslems en 24 persent Ortodokse Serwirs. Die Albanese se geboortesyfer was die hoogste in Europa, en terwyl die Albanese se 
getalle vermeerder het, het Serwirs ter wille van beter geleenthede na Belgrado en elders verhuis. In 1991 was 90 persent Moslems en 10 
persent Serwies-Ortodoks.

Die groei van die Albanese bevolking het gelei tot eise dat Kosovo die status van 'n Joego-Slawiese republiek moet kry -- iets waarteen 
Joego-Slawi gekant was omdat hy bang was dat Kosovo dan kan afskei en hom met Albani verenig. Van 1981 af het Albanese onrus toegeneem; 
Serwirs het gekla oor diskriminasie en geweld teen Serwirs, selfs volksmoord. Serwiese intellektuele en ander het in 1986 geis dat die 
regering die "volksmoord" van Serwirs in Kosovo moet keer. Die aanklag was oordrewe, maar die Albanese ht inderdaad skade aangerig en 
mense aangeval.

Dit alles het bygedra tot die oplewing van 'n Serwiese nasionalisme. Die Serwirs het Kosovo nog altyd beskou as "heilige grond", hul 
"Jerusalem", waar ook die groot Slag op die Lysterveld teen die Islam gestry is. In die 19de eeu het emosionele wekroepe om di slag en die 
dood van Lasarus te wreek, die Serwiese nasionalisme laat herleef. Nasionalisme laat Lasarus telkens opstaan uit die dood!

In 1989, die jaar van die herdenking van die slag, het pres. Slobodan Milosevic   van Serwi Kosovo sy outonomie ontneem en teen die 
Albanese begin optree. Albanees is verbied op alle terreine. Die finansiering van onderwys daarin is gestaak, opvoedkundige inrigtings 
gesluit, onderwysers en dosente afgedank, die Albanese akademie vir kuns en wetenskap gesluit, tydskrifte en koerante, onder meer die 
enigste Albanese dagblad verbied en die radio- en televisiediens beindig.

Albanese is uit hul werk ontslaan en geweldpleging teen hulle verskerp om die emigrasie van Albanese aan te moedig en Kosovo deur Serwirs 
te laat herkoloniseer. Onder die emigrante was baie onderwysers, leerlinge, professore, studente en soldate.

Die Kosovo-verhaal is dus 'n triestige geskiedenis, waarin ng die Albanese ng die Serwirs as engele opgetree het. Die huidige stryd is 
'n voorbeeld van een van die konflikte waarna S.P. Huntington in sy werk The clash of Civilizations and the remaking of world order   
(1996) verwys. Volgens hom lei botsings tussen beskawings al hoe meer tot krisisse en bloedvergieting en nie meer botsings tussen 
ideologie soos in die Koue Oorlog nie. In Kosovo is dit 'n botsing tussen Ortodoks-Christelike en Moslem-beskawingswaardes.

Maar soos in verband met Kosovo merk 'n mens dat so 'n botsing, behalwe godsdiens, ook verskynsels raak soos taal, volkere se "heilige 
grond" en hul kultuurerfenisse. Historiese antagonismes kan lank sluimer totdat demografiese, politieke, ekonomiese en ander veranderings 
van hulle potensieel vernietigende kragte maak. In Kosovo was dit die versteuring van die bevolkingsewewig wat die oerou gevoelens tussen 
Albaneessprekende Moslems en Ortodokse Serwiessprekendes geprikkel het.

Neem 'n mens dit in ag, is die waarskuwings teen 'n Suid-Afrikaanse Kosovo beslis gepas. Ook ons land ondergaan ingrypende veranderings. Is 
daar in die verskille oor regstellende aksie, grondhervorming en taal nie moontlik reeds raakpunte met beskawingswaardes nie? Konflik 
ontstaan waar twee partye onversoenbare doelwitte nastreef, en die drastiese transformasie waarop sommige politici aandring, is in party 
opsigte onversoenbaar met die belange van bepaalde groepe.

Eintlik behoort die owerheid en onderdane twee dinge te besef: ten eerste dat transformasie onvoorsiene risiko's skep deur  kragte wat 
hulle kan losmaak; ten tweede dat voorlopig onsigbare waarskuwings: "Uiters plofbaar. Hanteer versigtig" oral in die land aanwesig is waar 
taal, kultuur, historiese erfenisse, grondbesit en godsdiens 'n rol speel. Gewoonlik sien politici te laat in dat hulle met vuur gespeel 
het.

(My dank aan prof. Daan Wessels en dr. Andr Duvenhage, Departement Politieke Wetenskap, UOVS, vir waardevolle inligting en wenke.) Dr. 
J.C. Steyn is spesiale professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6210.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

